ingeligte besluit wanneer julle ‘n keuse maak:
Kitsgids:
Kuns / handwerk, Kookkuns, Dans, Drama, Gimnastiek, Tuinmaak, Modelwerk, Musiek, Wetenskap / tegnologie. Kuns is ‘n breë beskrywing vir ‘n hele spul aktiwiteite. Stel jou kind stelselmatig daaraan bloot en laat hy kies waarin hy belangstel. Jy kan beeldhouwerk, skilder, plakboekkuns, juwelekuns,
handwerkklasse, naaldwerk, teken, mosaïek, lapverf en vele meer probeer. Dit alles sal natuurlik van
wat in jou omgewing beskikbaar is afhang. Jy kan ook ‘n boek koop of by jou plaaslike biblioteek leen. Die voordele van kuns- en handwerkklasse is legio. Die belangrikste daarvan:
● Dit leer kinders om meer verdraagsaam en oop vir nuwe ervarings te wees.
● Die kunste bevorder individualiteit, verbeter selfvertroue en verbeter jou kind se akademiese
vordering.
● Kuns help ook probleemkinders met veral hul houding en ingesteldheid teenoor skoolwerk.
Navorsing het bewys dat kinders wat drie ure per week aan enige vorm van kuns spandeer:
● beter akademiese presteerders is;
● beter met wiskunde en wetenskap vaar;
● meer gereeld in die klas is; en
● meer gereeld aan groepaktiwiteite deelneem.
My mede dames.. wat dink julle oor hierdie voordele en invloed van kunste op leerders? Is dit die moeite werd??