Popular Posts

Thursday, 25 September 2014

sport vs kultuur

Ek wil begin deur die obvious vraag te stel: Sport oorheers tog skole, waar pas kultuur dan in? Hierdie is 'n understatement wat deur soveel mense gemaak (geglo) word, maar ek wil vandag sê dat dit nie eers die helfte van die waarheid is nie. Dink bietjie as jy in die kar ry of na 'n partytjie toe gaan, waarna luister jy? Wanneer jy gaan fliek of na vertonings in teaters kyk, waarna kyk jy? Daar is nog baie voorbeelde, maar hierdie is alles vorme van KUNS!! En dit begin alles reeds in skole, van kleins af word leerders se talente ontdek en moet hulle aangemoedig en ondersteun word om hierin te groei en die toekoms van ons land se kultuur te bewaar. Daar is soveel voorbeelde van kunstenaars nl Jack Parrow, die heuwels fantasties, rolprent akteurs ens. wat op skool begin het en nou groter is en stof in verskeie sportsterre se oë geskop het (en die skole wat eienaaarskap ontvang hiervoor kan nie ophou spog met die kultuur diere nie). Bv wie kan tog onthou wie die rugbykaptein was van verskeie skole die jaar toe Charlize Theron gematrikuleer het? Dit laat jou nogal dieper dink, neh? Met sport kan jy net tot op 'n sekere ouderdom speel en beserings beteken die einde van soveel sterre se loopbaan.. en nie een van hierdie probleme kom voor in die kuns bedryf nie!! Deel bietjie julle gevoel rondom hierdie idee..

3 comments:

  1. Ek sal graag net my opinie wil lig en sê dat dit nie net ‘n stigma is wat onstaan in skole dat sport die skool oorheers nie. As jy gaan vir ‘n onderhoud by ‘n skool , is een van die groot vra wat hulle jou vra is ” kan jy sport afrig? ”. As ons al die grootskole in ag moet neem dan word daar altyd gepraat van hulle sport en nie noodwendig hulle koor nie. Alhoewel ek nou die stelling gemaak het , bedoel ek dit glad nie op negatiewe manier nie. Ek kyk net na die groter prentjie. Ek voel altyd daar is plek vir alles in die samelewing en daar is beslis plek vir kultuur in ons skole. Ons Suid-Afrikaanse kultuur is baie erg oor hulle sport maar as jy bietjie verby die sport in skole gaan kyk sal jy sien dat baie kinders se agtergrond en kultuur sang en dans behels om op ‘n sekere manier respek te toon. Ek voel kultuur kan meer bevorder word in skole en hoe dan beter as om met voorbeeld te lei. Ek sal graag eendag by die skool waar ek werk betrokke wil raak by kultuur. Ek kan nie sing , dans of toneelspel doen nie maar niks keer my om te leer saam met die leerders nie. Ek het baie lank terug ;n artikel gelees wat gesê van die begin van die jaar (2014) af moet alle Suid-Afrikaanse skole minstens twee uit vyf moontlike kreatiewe vakke onderrig aan leerders in gr. 7, 8 en 9. Hulle rede hiervoor was dat die kunstevakke moet kinders help ontwikkel in skeppende en vindingryke mense wat weet hoe om hulself uit te druk. Ook bied dit alle kinders basiese toegang tot opvoeding in die kunste en stel dit hulle bloot aan dans, drama, musiek en die beeldende kunste. Daar word tog wel iets vir die leerders gedoen en ek voel die onderwysers moet die kinder aanmoedig om deel te neem mens ontdek soms op so manier versteekde talente.

    ReplyDelete
  2. Ek stem heeltemal saam!Ongelukkig is dit dat Suid-Afrika 'n sportgedrewe land is en dit alles begin alreeds in die skole. Moet my nie verkeerd verstaan nie, sport is goed en kinders het dit nodig, maar die probleem kom in by die balaans tussen sport en kultuur. Die norm verwag dat n seun moet rugby of enige ander sport speel en dit word afgekeur as n seun wil sing, dans of toneel doen. Hoekom is dit so? Ek het al talle kere gesien hoe al die skool se geld en aandag aan sport gaan en die kultuur word agter gelaat met niks. Die geheim in die lewe is balaans, dus moet skole 'n balaans vind tussen kultuur en sport, daar moet geleike geleenthede gebied word vir beide kultuur en sport.

    ReplyDelete
  3. Goeie middag... Hier is goeie kommentaar gelewer deur die dames en eks stem grootliks saam met julle. Leerders word wel deur sport ontwikkel, maar kultuur ontwikkel leerders verseker op verskeie vlakke. Sport kry grootliks aandag en word dus meer bekend gesien waar ons alle daagse lewe tog wel uit kultuur ook bestaan bv onderwysers doen rolspel in skole om inligitn aan leerders oor te dra. Die mensdom se rol spelers is ook mense waarna hulle op kyk t.o.v. hoe die persoon is. Spesies word geniet deur families meer as een sepie per aand en dus ook n vorm van kultuur. ek dink nie dat daar so baie aandag aan ons kultuur en kunste in ons land gegee word soos aan sport nie bv by skole gaan dit net oor rugby, die kultuur word half vermy of afgeskeep, persoonlik dink ek daar moet ook aandag gegee word en aandag gegee word aan die kultuur prestasies in skole en in ons land soos in die beeld hulle het wel n blad vir sport maar hier en daar nou en dan word daar uitgebrei oor die danse of spesifieke akteurs. Dit moet ook n blad kry en positief gepubliseer word sodat mense se uitkyk oor ons kultuur wat amal tog geniet op verskeie manier bv deur "shows" en groot konserte, ,televisie ens. moet kultuur ook geprys word soos sport in die land.

    ReplyDelete