Popular Posts

Thursday, 25 September 2014

Voordele van kuns aktiwiteite vir leerders

Elke besonderse buitemuurse aktiwiteit bring sy eie voordele vir jou kind – weet wat dit is en neem ‘n
ingeligte besluit wanneer julle ‘n keuse maak:
Kitsgids:
Kuns / handwerk, Kookkuns, Dans, Drama, Gimnastiek, Tuinmaak, Modelwerk, Musiek, Wetenskap / tegnologie. Kuns is ‘n breë beskrywing vir ‘n hele spul aktiwiteite. Stel jou kind stelselmatig daaraan bloot en laat hy kies waarin hy belangstel. Jy kan beeldhouwerk, skilder, plakboekkuns, juwelekuns,
handwerkklasse, naaldwerk, teken, mosaïek, lapverf en vele meer probeer. Dit alles sal natuurlik van
wat in jou omgewing beskikbaar is afhang. Jy kan ook ‘n boek koop of by jou plaaslike biblioteek leen. Die voordele van kuns- en handwerkklasse is legio. Die belangrikste daarvan:
● Dit leer kinders om meer verdraagsaam en oop vir nuwe ervarings te wees.
● Die kunste bevorder individualiteit, verbeter selfvertroue en verbeter jou kind se akademiese
vordering.
● Kuns help ook probleemkinders met veral hul houding en ingesteldheid teenoor skoolwerk.
Navorsing het bewys dat kinders wat drie ure per week aan enige vorm van kuns spandeer:
● beter akademiese presteerders is;
● beter met wiskunde en wetenskap vaar;
● meer gereeld in die klas is; en
● meer gereeld aan groepaktiwiteite deelneem.

 My mede dames.. wat dink julle oor hierdie voordele en invloed van kunste op leerders? Is dit die moeite werd??

3 comments:

  1. Natalie ek stem helemal saam met jou oor dat kuns 'n goeie/positiewe invloed op die kind se leefwyse het. Die slim mense praat van kunsterapie hierdie terapie gee kinders ’n veilige en ondersteunende metode om hul gedagtes en gevoelens weer te gee met die hulp van verf, klei, kryte of enige ander item wat omskep kan word in ’n kunswerk (handwerk soos mosaïek of plakboekwerk inkluis). Die werk word nie geïnterpreteer of beoordeel nie – die skep van die werk is belangrik, nie die werk self nie. Die kind kan haar uitdruk sonder enige reëls en bekommernisse oor struktuur en vorm. Die terapeut gebruik die proses om ’n verhouding met die kind te bou en die kind ontwikkel mettertyd ’n “stem” waarmee sy na buite kan kommunikeer. Die teorie agter kunsterapie word gedeeltelik gegrond op die veronderstelling dat kreatiwiteit en genesing van dieselfde plek af kom. Dus sluit ek af met my komentaar en stel net dat kuns werklik net voordeel kan inhou vir 'n kind.

    ReplyDelete
  2. Sonder twyfel is dit die moeite werd en ek dink dis belangrik dat ouers 'n ingeligte besluit saam met hul kind moet neem om 'n kulturele aktiwiteit te vind waar by die kind kan baat en sal geniet! Kunsterapie is 'n uitstekende terapie vir alle kinders, maar vir al vir kinders met emosionele/sielkundige of verstandlike stuikelblokke. Kuns aktiwiteit kan slegs voordele inhou vir leerders, dit leer hulle om kreatief te kan dink. Leerders moet van jongs af leer om kreatief te dink! Ouers moet kuns aktiwiteit vir hul kinders oorweeg, want dit hou slegs talle voordele in!

    ReplyDelete
  3. Ek stem 100 persent saam kuns kan mens net voordelig wees vir die leerders. Dit bevorder hulle deknwyse en kan leerders beter laat voel oor hulle sel, wanneer leerders klaar is met hulle meesterstuk en goed vol daaroor en selfs trots is daarop, is die leerders se selfbeeld verbeter en die leerder sal self positief genoeg wees om dit weer te wil doen, groep aktiwiteit beinvloed leerders mekaar en kan hulle op so wyse mekaar positief beinvloed om kunste te gaan beoefen totdat hulle dit reg gekry het. Wanneer leeerders so positef en selgemotiveerd is sal hulle ook wil harder werk en beter akademiese prestasie bereik. al hierdie voordele kan die leerder bevorder en dus is dit tot voordeel van die leerders om die aktiwiteite te bemeester en self te doen om beter te ontwikkel.

    ReplyDelete