Popular Posts

Thursday, 25 September 2014

kuns en kultuur in die kurrikulum

Ek is 'n voorstander vir die ontwikkeling van kuns talente by leerders op skool. Maar hoe gaan ons hierdie talente ontwikkel as ons dit nie kan ontdek nie? Daarom voel ek dat dit baie belangrik is om kuns en kultuur nie te onderskat as vak in die skoolkurrikulum nie en dat onderwysers werklik 'n poging aanwend om kreatief te wees en 'n liefde vir die vak by leerders te kweek. Ek weet die vak is word verdeel en is verpligtend, leerders kan 2 uit vyf van die volgende kies  dans, beeldende kuns, drama, musiek en grafiese ontwerpDie kunstevakke moet kinders help ontwikkel in skeppende en vindingryke mense wat weet hoe om hulself uit te druk. Ook bied dit  alle kinders basiese toegang tot opvoeding in die kunste en stel dit hulle bloot aan dans, drama, musiek en die beeldende kunste en sodoende kry hul die kans om versteekte talente te ontdek en werklik daaraan te skaaf en volle potensiaal bereik!! Dus is ek bly oor hierdie byvoeging in die kurrikulum en ondersteun ek dit ten volle. Ek wil net graag hoor hoe voel julle oor kuns en kultuur soos wat dit huidiglik verdeel is in die kurrikulum en watter "pyne" kan dit veroorsaak?

3 comments:

  1. Kom ons wees nou maar eerlik , toe jy op skool was het jy die kuns en kultuur periode as 'n af preiode gesien. Dit was altyd sleg want die onderwyser wat dit aangebied het , was nie rerig lus om dit vir jopu lekker te maak nie. Ek sal hier voorstel kry 'n REGTE kuns onderwyser wat 'n passie daarvoor het en wat kinder gaan inspireer om deel te neem. Ek voel dit begin als by die onderwyser wat dit aanbied. Verder voel ek dat die deppartement van onderwys meer moeite kan doen ten opsigte van kuns. Hulle verskaf maklik toerusting vir 'n natuurwetenskap se labratorium maar daar word selde moeite gedoen om vir die kuns klasse toerusting te verskap. Dit kan instrumente insluit , poeierverf , kwaste ens. Die slegte ding is net dat om 'n goeie kusn onderwyser te kry en die regte toersuting kan 'n hele rukkie vat maar met die regte hulp glo ek dit sal vinnig kan gebreur. As die ouers , die onderwysers , die departement net kan besef watter groot voordeel kuns vir die leerders en vir die skool inhou sal daar meer aandag vir kuns en kultuur in die kurrikulum ontwikkel word en dit sal baie verbeter.

    ReplyDelete
  2. Kuns en kultuur in die kurrikulum is baie belangrik! Hoe moet n kind weet hy/sy hou van kuns, of is goed daarin as hulle dit nooit beoefen of enige blootstelling kry nie? Dus is kuns uitters belangrik in die kurrikulum! 'n Probleem wat ek gereeld sien, is dat die kuns en kultuur onderwysers het nie altyd die nodige kennis, vaardighede of passie nie. Skole moet kuns en kultuur begin ernstig opneem! Skole neig om die vak as minderwaardig en net n tyd van mors te aanskou. Die kuns en kultuur onderwyser moet die vak op so 'n wyse aanbied dat hulle die leerders sal inspereer en aanmoedig om kultureel te presteer! Die leerders het blootstelling nodig en die taak berus op skole om die blootstelling aan leerders te bied. Skole moet aandag skenk aan watter onderwysers hulle by die kuns en kultuur vak plaas. Kennis en vaardigheid is van uitterse belang, kuns en kultuur kan jy nie net uit n boek uit vir leerders lees nie. Nog n probleem is dat talle hoerskole nie kuns en kultuur as ekstra vakke aanbied nie, dus is daar nie geleentheid vir blootstelling nie. Ek dink steeds dat kuns en kultuur se belang in skole onderskat word!

    ReplyDelete
  3. Ek voel dat leerders nie altyd kuns as iets positief sien nie. omdat amal hulle eie opinie het daaroor en hierdeur word mense afgesit of negatief beiinvloed om meer sketse te maak of selfs hulle kreatiwiteit te bevorder. Ek voel dis waar die kurrikulum en ondwerwysers n groot rol speel, om n verskil te maak in die leerders se denkwyse deur hulle positief te beinvloed om hul kunste te ontwikkel en uit te leef. bv om liedjies te skryf as hulle daarvan hou nie op te hou teken nie, aan kuns dae deel te neem en hulle talente uit te leef sowel as om deel te vorm van die kuns en kultuur van die skool en land. Leerders moet baie meer aangemoedig word oor die ontwerp omdat dit gewoonlik net die oulikes of te wel leerdeers wat bo 80 presteer in die klas is wat die geleentheid gebied word om aan kultuur kompetisies deel te neem.

    ReplyDelete