Popular Posts

Thursday, 25 September 2014

Voordele van kuns aktiwiteite vir leerders

Elke besonderse buitemuurse aktiwiteit bring sy eie voordele vir jou kind – weet wat dit is en neem ‘n
ingeligte besluit wanneer julle ‘n keuse maak:
Kitsgids:
Kuns / handwerk, Kookkuns, Dans, Drama, Gimnastiek, Tuinmaak, Modelwerk, Musiek, Wetenskap / tegnologie. Kuns is ‘n breë beskrywing vir ‘n hele spul aktiwiteite. Stel jou kind stelselmatig daaraan bloot en laat hy kies waarin hy belangstel. Jy kan beeldhouwerk, skilder, plakboekkuns, juwelekuns,
handwerkklasse, naaldwerk, teken, mosaïek, lapverf en vele meer probeer. Dit alles sal natuurlik van
wat in jou omgewing beskikbaar is afhang. Jy kan ook ‘n boek koop of by jou plaaslike biblioteek leen. Die voordele van kuns- en handwerkklasse is legio. Die belangrikste daarvan:
● Dit leer kinders om meer verdraagsaam en oop vir nuwe ervarings te wees.
● Die kunste bevorder individualiteit, verbeter selfvertroue en verbeter jou kind se akademiese
vordering.
● Kuns help ook probleemkinders met veral hul houding en ingesteldheid teenoor skoolwerk.
Navorsing het bewys dat kinders wat drie ure per week aan enige vorm van kuns spandeer:
● beter akademiese presteerders is;
● beter met wiskunde en wetenskap vaar;
● meer gereeld in die klas is; en
● meer gereeld aan groepaktiwiteite deelneem.

 My mede dames.. wat dink julle oor hierdie voordele en invloed van kunste op leerders? Is dit die moeite werd??

kuns en kultuur in die kurrikulum

Ek is 'n voorstander vir die ontwikkeling van kuns talente by leerders op skool. Maar hoe gaan ons hierdie talente ontwikkel as ons dit nie kan ontdek nie? Daarom voel ek dat dit baie belangrik is om kuns en kultuur nie te onderskat as vak in die skoolkurrikulum nie en dat onderwysers werklik 'n poging aanwend om kreatief te wees en 'n liefde vir die vak by leerders te kweek. Ek weet die vak is word verdeel en is verpligtend, leerders kan 2 uit vyf van die volgende kies  dans, beeldende kuns, drama, musiek en grafiese ontwerpDie kunstevakke moet kinders help ontwikkel in skeppende en vindingryke mense wat weet hoe om hulself uit te druk. Ook bied dit  alle kinders basiese toegang tot opvoeding in die kunste en stel dit hulle bloot aan dans, drama, musiek en die beeldende kunste en sodoende kry hul die kans om versteekte talente te ontdek en werklik daaraan te skaaf en volle potensiaal bereik!! Dus is ek bly oor hierdie byvoeging in die kurrikulum en ondersteun ek dit ten volle. Ek wil net graag hoor hoe voel julle oor kuns en kultuur soos wat dit huidiglik verdeel is in die kurrikulum en watter "pyne" kan dit veroorsaak?

sport vs kultuur

Ek wil begin deur die obvious vraag te stel: Sport oorheers tog skole, waar pas kultuur dan in? Hierdie is 'n understatement wat deur soveel mense gemaak (geglo) word, maar ek wil vandag sê dat dit nie eers die helfte van die waarheid is nie. Dink bietjie as jy in die kar ry of na 'n partytjie toe gaan, waarna luister jy? Wanneer jy gaan fliek of na vertonings in teaters kyk, waarna kyk jy? Daar is nog baie voorbeelde, maar hierdie is alles vorme van KUNS!! En dit begin alles reeds in skole, van kleins af word leerders se talente ontdek en moet hulle aangemoedig en ondersteun word om hierin te groei en die toekoms van ons land se kultuur te bewaar. Daar is soveel voorbeelde van kunstenaars nl Jack Parrow, die heuwels fantasties, rolprent akteurs ens. wat op skool begin het en nou groter is en stof in verskeie sportsterre se oë geskop het (en die skole wat eienaaarskap ontvang hiervoor kan nie ophou spog met die kultuur diere nie). Bv wie kan tog onthou wie die rugbykaptein was van verskeie skole die jaar toe Charlize Theron gematrikuleer het? Dit laat jou nogal dieper dink, neh? Met sport kan jy net tot op 'n sekere ouderdom speel en beserings beteken die einde van soveel sterre se loopbaan.. en nie een van hierdie probleme kom voor in die kuns bedryf nie!! Deel bietjie julle gevoel rondom hierdie idee..